Saturday, July 18, 2009

Ek sien nie die plan nie...

As daar 'n plan is, sien ek dit nie.
Soveel trane, soveel hartseer...
wat is die doel daarvan?

Ek dink nog altyd dat als met 'n doel gebeur:
Ek moes seerkry om ander te help wat daardeur gaan.
Ek moes sukkel om ander te help wat sukkel.

Moes ek dit ervaar om empatie te he?
Moes ek dit deur gaan om begrip te he?

Dammit, ek wil nou ophou voorberei vir ander mense se seer.
Ophou raadgee vir goed wat my nie beskore is nie.

Die seer binne my is so groot...
Daar is 'n groter plan, jong, wees geduldig.

Man, shut up!!
Ek wil dit nie hoor nie.
Ek wil dit nie verstaan nie.
Ek wil nie begrip he nie.

Hoeveel dinge moet ons nog regdoen
om nie meer gestraf te word nie?

Saturday, July 11, 2009

Stille antwoorde

Mens kry nooit die antwoord:
wat mens soek
wanneer mens dit soek
hoe mens dit soek
nie...

Soms voel dit asof:
almal kry hul antwoorde
almal kry dit en meer

almal kry wat ek graag soek...

Ek't baie om voor dankbaar te wees:
liefdevolle man
ongelooflike goeie werk
'n familie wat omgee en in my glo
onvoorwaardelike vriende
gesondheid
geleerdheid
skynbaar genoeg om voor dankbaar te wees...

Maar hoekom mag mens nie:
moedeloos word
wil baklei
graag skreeu op die Man nie?

Liewe Here,
waarom die grootste geskenk van my weerhou?
waarom wag vir iets so wonderlik?
waarom voel dit vir my asof ek dit nie verdien nie?
dat dit die rede is hoekom...

Mag ek Jou bevraagteken?
Mag ek se dat ek ongeduldig word?
Mag ek se dat ek enige van my seeninge sal opgee?

Daar is seker antwoorde,
dis net te stil vir my om dit te hoor.

Tuesday, January 20, 2009

Hoekom

Mens sou nogal dink, omdat ek nou 'n volwassene is, dat ek myself nie meer aan groepsdruk sou steur nie. Maar ai dit is maar 'n doring in die vlees. Om anders te wees en ander waardes te volg is nie altyd die mees aangenaamste ervaring nie. Die rede hiervoor is dat jy ongelooflik blootgestel word, jy staan uit soos 'n seer vinger. En wat word dan gedoen?

Ek het al vir almal gewys dat ek bo uitgekom het. Maar hoekom moet ek dit oor en oor en oor en oor en oor en oor weereens oor doen. ek weet mos wie en wat ek is. Ek het 3 onderskeidings op skool gekry, ek het my BA Taalpraktisyn graad en my onderwysdiploma, ek is nou ingeskryf vir my Honeurs in Afrikaans taalkunde. Dis al als wat ek bereik het, materialisties. Emosioneel het ek ook baie bereik. Ek is getroud met 'n wonderlike man, ek het familie wat ongelooflik lief vir my is en in my glo. Ek is 'n juweel wat mense net moet ontdek, mits hulle die tyd afstaan. Ek sal berge versit vir my vriende en gaan die ekstra myl.

Ek behoort klaar aan die belangrikste persoon op aarde, en daarom gaan ek nie toelaat dat mense my laat sleg voel oor die persoon wie ek is nie. Dit is juis wat my spesiaal maak. Dit help om te besef dat jy maar 'n introvert is en nie mal sal gaan voor mense nie. Jy het 'n anderse benadering wat beslis nie hoofstroom is nie. Verlekker jou in jou andersheid Marelize, dit is wat jou die wonderlikste jy maak wat daar is.