Mens sou nogal dink, omdat ek nou 'n volwassene is, dat ek myself nie meer aan groepsdruk sou steur nie. Maar ai dit is maar 'n doring in die vlees. Om anders te wees en ander waardes te volg is nie altyd die mees aangenaamste ervaring nie. Die rede hiervoor is dat jy ongelooflik blootgestel word, jy staan uit soos 'n seer vinger. En wat word dan gedoen?
Ek het al vir almal gewys dat ek bo uitgekom het. Maar hoekom moet ek dit oor en oor en oor en oor en oor en oor weereens oor doen. ek weet mos wie en wat ek is. Ek het 3 onderskeidings op skool gekry, ek het my BA Taalpraktisyn graad en my onderwysdiploma, ek is nou ingeskryf vir my Honeurs in Afrikaans taalkunde. Dis al als wat ek bereik het, materialisties. Emosioneel het ek ook baie bereik. Ek is getroud met 'n wonderlike man, ek het familie wat ongelooflik lief vir my is en in my glo. Ek is 'n juweel wat mense net moet ontdek, mits hulle die tyd afstaan. Ek sal berge versit vir my vriende en gaan die ekstra myl.
Ek behoort klaar aan die belangrikste persoon op aarde, en daarom gaan ek nie toelaat dat mense my laat sleg voel oor die persoon wie ek is nie. Dit is juis wat my spesiaal maak. Dit help om te besef dat jy maar 'n introvert is en nie mal sal gaan voor mense nie. Jy het 'n anderse benadering wat beslis nie hoofstroom is nie. Verlekker jou in jou andersheid Marelize, dit is wat jou die wonderlikste jy maak wat daar is.
Tuesday, January 20, 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)