Ek sien nie die plan nie...
As daar 'n plan is, sien ek dit nie.
Soveel trane, soveel hartseer...
wat is die doel daarvan?
Ek dink nog altyd dat als met 'n doel gebeur:
Ek moes seerkry om ander te help wat daardeur gaan.
Ek moes sukkel om ander te help wat sukkel.
Moes ek dit ervaar om empatie te he?
Moes ek dit deur gaan om begrip te he?
Dammit, ek wil nou ophou voorberei vir ander mense se seer.
Ophou raadgee vir goed wat my nie beskore is nie.
Die seer binne my is so groot...
Daar is 'n groter plan, jong, wees geduldig.
Man, shut up!!
Ek wil dit nie hoor nie.
Ek wil dit nie verstaan nie.
Ek wil nie begrip he nie.
Hoeveel dinge moet ons nog regdoen
om nie meer gestraf te word nie?
Saturday, July 18, 2009
Saturday, July 11, 2009
Stille antwoorde
Mens kry nooit die antwoord:
wat mens soek
wanneer mens dit soek
hoe mens dit soek
nie...
Soms voel dit asof:
almal kry hul antwoorde
almal kry dit en meer
almal kry wat ek graag soek...
Ek't baie om voor dankbaar te wees:
liefdevolle man
ongelooflike goeie werk
'n familie wat omgee en in my glo
onvoorwaardelike vriende
gesondheid
geleerdheid
skynbaar genoeg om voor dankbaar te wees...
Maar hoekom mag mens nie:
moedeloos word
wil baklei
graag skreeu op die Man nie?
Liewe Here,
waarom die grootste geskenk van my weerhou?
waarom wag vir iets so wonderlik?
waarom voel dit vir my asof ek dit nie verdien nie?
dat dit die rede is hoekom...
Mag ek Jou bevraagteken?
Mag ek se dat ek ongeduldig word?
Mag ek se dat ek enige van my seeninge sal opgee?
Daar is seker antwoorde,
dis net te stil vir my om dit te hoor.

Tuesday, January 20, 2009
Hoekom
Mens sou nogal dink, omdat ek nou 'n volwassene is, dat ek myself nie meer aan groepsdruk sou steur nie. Maar ai dit is maar 'n doring in die vlees. Om anders te wees en ander waardes te volg is nie altyd die mees aangenaamste ervaring nie. Die rede hiervoor is dat jy ongelooflik blootgestel word, jy staan uit soos 'n seer vinger. En wat word dan gedoen?
Ek het al vir almal gewys dat ek bo uitgekom het. Maar hoekom moet ek dit oor en oor en oor en oor en oor en oor weereens oor doen. ek weet mos wie en wat ek is. Ek het 3 onderskeidings op skool gekry, ek het my BA Taalpraktisyn graad en my onderwysdiploma, ek is nou ingeskryf vir my Honeurs in Afrikaans taalkunde. Dis al als wat ek bereik het, materialisties. Emosioneel het ek ook baie bereik. Ek is getroud met 'n wonderlike man, ek het familie wat ongelooflik lief vir my is en in my glo. Ek is 'n juweel wat mense net moet ontdek, mits hulle die tyd afstaan. Ek sal berge versit vir my vriende en gaan die ekstra myl.
Ek behoort klaar aan die belangrikste persoon op aarde, en daarom gaan ek nie toelaat dat mense my laat sleg voel oor die persoon wie ek is nie. Dit is juis wat my spesiaal maak. Dit help om te besef dat jy maar 'n introvert is en nie mal sal gaan voor mense nie. Jy het 'n anderse benadering wat beslis nie hoofstroom is nie. Verlekker jou in jou andersheid Marelize, dit is wat jou die wonderlikste jy maak wat daar is.

Friday, September 12, 2008
Alleen in 'n kamer vol mense
Jong, mens het seker al die sê-ding gehoor dat jy alleen kan voel in 'n kamer vol mense? Ek voel so, maar totally anders. Hoe kan jy so ongelooflik alleen voel, met soveel mense in jou lewe wat omgee? Ek sal julle sê hoe dit gebeur. jy is daar vir die mense wanneer hulle jou nodig het, maar hulle is nêrens as jy hulle nodig het nie.
Ek voel dat ek vandag iemand nodig het om mee te gesels, en weet jy wat? Niemand het to mind gekom nie....niemand wat ek gedink het sal net daar wees vir my om af te pak nie. Iemand by wie ek vulnerable kan wees nie.
Mense in my lewe gaan deur hulle eie moeilikheid...ek worry oor mense in my lewe, ek worry dat ek nie goed genoeg is met dit wat ek nou aanpak nie, ek worry of vriendskappe gaan hou eneneneneneneneneneenenenenenen tot in sy malle verstand in..........
Sal maar gaan dink....
Wednesday, February 27, 2008
Die dowe waarheid tref my
Ek het verlede jaar geskryf oor my passie om 'n ma te wees. baie dinge het intussen gebeur. Ek is met PCOS gediagnoseer, ek was al op twee fertility behandelinge en ek het glad nie daarop gereageer nie. En my sussie is swanger.
Soveel dinge het wraggies gebeur. Ek was so ongelooflik hartseer oor die hele ding. Ek is seker nog so hartseer, maar ek het ietwat perspektief oor die situasie gekry. Ek is so besig om te fokus op wat ek nie het nie en vergeet van die persoon wat reg langs my is... my man!! As en wanneer dit gebeur sal dit op die regte tyd kom, wanneer als reg is daarvoor. Die God daarbo reken seker daar is nog soveel ander dinge wat gedoen moet word voor Hy vir ons so 'n blessing kan gee.
Leegste donker
Dis donker en alleen buite.
So voel dit ook hier diep binne.
'n Oop spasie wat leeg is...
'n Lee spasie wat nie gevul is nie.
Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
en wie word agtergelaat?
My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander...
dinge anders doen, wanneer ek so
graag smag om te wees soos .... ander
Ek smag na wat sy het, wat ek wou he...
kon he...miskien nog sal he.
Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.
24 Feb 2008
Ek het hierdie gedig geskryf die aand nadat ek uitgevind het van my sussie. Toe ek nog lekker met Jesus baklei het. Vandat ek perspektief gekry het, voel ek regtig ligter.
Ek hoop om sommer gou weer te skryf...

Thursday, November 1, 2007
Ma-wees
Ek dink regtig dit is 'n conspiracy!! Deesdae sien ek orals baba goed...'n rooiwang seuntjie in 'n stootwaentjie, 'n dogtertjie in die allermooiste pienk pakkie, 'n oulike gadget vir mamma om na baba se bewegingtjies in die magie te luister, oulike babakleurtjies, en en en. Die kersie op die koek was natuurlik toe 3TALK vir Sam Cohen van 94.7 daar gehad het...raai waaroor praat hulle? Jy het slegs een raai nodig....babas.
Ek voel dat ek absoluut reg is vir ma-wees. As ek ietsie baba georienteerd sien dan trek my maag op 'n knop en daar is 'n verlange iewers waar ek nie eers geweet het dat ek 'n iewers het nie.
Soos toe ek vanmiddag vir 'n kollega van my babagoedjies gaan koop het vir haar ooievaars vrydag. Daar was 'n gratis boekie by Ackermans oor hoe om die perfekte ooievaars te beplan. Lees skaars bladsy een klaar en BOEM!!! my maag trek op 'n knop en ek verlang en die iewers laat my weet dat hy dolleeg is.
Ek spot altyd en sê dat ek gebore is vir drie dinge: om A3 se vrou te wees, om 'n onderwyser te wees en die mees belangrikste om mamma te wees. Ek kom nou agter dat ek nooit gespot het nie, maar dat dit 'n verlange diep binne in my was. Voor die troue was ek vas oortuig dat ek eers vir meer as 'n jaar getroud wou wees voordat ons daaraan begin dink het...raai wat? Dit is vandag presies twee maande na ons troue en ek smag so na 'n kleintjie van my eie.
Ek het gisteraand saam met A3 na twee wonderlike, oulike dogtertjies opgepas vir 'n vriendin van my. Ek het so lekker met hulle gespeel en hulle besig gehou, dat ek skoon hartseer was toe ons moes ry. Dit is net so 'n groot fees om met my skoonsus se twee seuns te speel en hulle op te pas en basies net te kuier.
Ek besef nou dat ek my hele lewe lank al van kinders hou en dat my eie nie ver weg is nie. Die iewers was al daar voordat ek eers geweet het dat 'n iewers bestaan. Ek hou daarvan om met grootmense te werk, maar is beslis oor die maan as ek met kinders kan werk. Enige ouderdom, tog het kleuters en peuters baie beslis 'n sagter plekkie in my hart.
Dit is beslis 'n conspiracy...Ackermans het nou-net 'n baba advertensie gehad...

Online dagboek
Wat meer kan 'n persoon voor vra? 'n Dagboek online! Jy weet natuurlik dat hierdie blog privaat sal bly solank jy nie jou blog-adres uitgee nie. Hierdie is my online dagboek oor my gevoelens en oor ma-wil-wees. Daar is soveel gevoelens wat binne my broei dat dit moeilik is om te ontsyfer as jy dit nie op papier neersit nie...en ek dink natuurlik dat hierdie die perfekte plek sal wees om dit te doen.
Gevoelens is 'n weird ding. In jou kop maal dit rond en rond en kom ook nooit tot die punt nie, dis eers wanneer jy die goed op papier sit wat dit begin sense maak. So as jy perongeluk op hierdie blog afgekom het...welkom by Froyd.

Subscribe to:
Posts (Atom)