Ek het verlede jaar geskryf oor my passie om 'n ma te wees. baie dinge het intussen gebeur. Ek is met PCOS gediagnoseer, ek was al op twee fertility behandelinge en ek het glad nie daarop gereageer nie. En my sussie is swanger.
Soveel dinge het wraggies gebeur. Ek was so ongelooflik hartseer oor die hele ding. Ek is seker nog so hartseer, maar ek het ietwat perspektief oor die situasie gekry. Ek is so besig om te fokus op wat ek nie het nie en vergeet van die persoon wat reg langs my is... my man!! As en wanneer dit gebeur sal dit op die regte tyd kom, wanneer als reg is daarvoor. Die God daarbo reken seker daar is nog soveel ander dinge wat gedoen moet word voor Hy vir ons so 'n blessing kan gee.
Leegste donker
Dis donker en alleen buite.
So voel dit ook hier diep binne.
'n Oop spasie wat leeg is...
'n Lee spasie wat nie gevul is nie.
Die onregverdigheid is wat my vang.
Wie besluit wanneer, waar, wat...
Wie kies wie word voorgetrek
en wie word agtergelaat?
My arms is leeg...my hart hunker.
Hoe lank moet ek hunker?
Hoe lank nog anders wees as ander...
dinge anders doen, wanneer ek so
graag smag om te wees soos .... ander
Ek smag na wat sy het, wat ek wou he...
kon he...miskien nog sal he.
Die donkerte is leeg.
My hart is seer.
Trane rol oor my wange.
Trane wat drup oor die donkerte.
24 Feb 2008
Ek het hierdie gedig geskryf die aand nadat ek uitgevind het van my sussie. Toe ek nog lekker met Jesus baklei het. Vandat ek perspektief gekry het, voel ek regtig ligter.
Ek hoop om sommer gou weer te skryf...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment